Makadamiadag lê klem op data-gedrewenheid en wêreldmarkte
Makadamias Suid-Afrika (Samac) gaan kwekers, telers, navorsers en verwerkers op vanjaar se Makadamiadag in Zimbali in KwaZulu-Natal byeenbring en kyk hoe data-insig, ontledings en tegnologie die duimsuig uit moeilike aspekte van produksie kan haal.
Op dié geleentheid van 16 tot 17 September, met die tema “Cracking the Code – The Power of Data in Macadamias”, gaan kenners en kundiges onderwerpe soos slim besproeiing, plaagbestuur, ná-oesverwerking en die gebruik van data vir produksiebesluite onder die loep neem en bespreek.
Lees meer op Lanbou.com

